Welkom

Welkom!

Om ‘n blog te begin is ‘n moeilike storie. Jy moet gereeld skryf en jy moet sense skryf. Albei die dinge is nogal moeilik om te volmaak, maar ek het besluit, blog gaan ek blog.

Waaroor wonder jy dalk? My “rubrieke” op die blog gaan oor die dinge wat ek in die lewe ervaar en oor wonder. Ek gaan my bes probeer om twee “rubrieke” per maand te post.

Nou wie is ek? Foto: Tristan Maske

Ek het in 2014 gematrikuleer aan die Hoër Jongenskool Paarl, ook beter bekend as Paarl Boishaai

Tans is ek ‘n eerstejaar BA Kommunikasiestudent aan die Noord-Wes Universiteit, Potchefstroom kampus. Ek is afkomstig van ‘n klein dorpie, Darling, in die Wes-Kaap waar ek op ons wynplaas, Groote Post, bly.

Tussen die swottings is ek ook ‘n joernalis vir JIP, ‘n weeklikse tienerblad, in die Burger en Beeld.

Ek is ook ‘n video-joernalis / aanbieder vir die NWU Potchefstroom se studentekoerant Wapad. Waar ek insetsels aanbied op Wapad-TV op Youtube.

As jy ‘n voorstel of ‘n boodskap het, los gerus ‘n boodskap in die kommentaar-blokkie hieronder

Dankie vir die inloer, mooi loop!

Alles wat mal is

Peter

Ns. Die blog kort nog baie werk, ek is nog besig om nog aan die uitleg ens. te werk.

 

Advertisements

3 thoughts on “Welkom

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s