Vriendskap: Meer as net drinking buddies

As daar twee dinge is waaroor ek oor boekdele kan skryf is dit vriendskap en die liefde. So die volgende twee “rubrieke” gaan bietjie oor vriendskap en die liefde.

Vriendskap? Wat is dit nou eintlik? Nou ek het al van tevore oor die onderwerp geskryf, maar ek voel dis iets wat mens so daagliks raak, dat mens nie anders kan as om weer daaroor te skryf nie.

Ek vind ons sê so dikwels vir iemand, jy is my vriend. Ons bind onself aan vriendskappe en elke tweede mens is jou pel, tot dat jy besef maar ʼn pel is eintlik meer as net ʼn driking buddy.

Dink daaraan, wie kan jy 2 uur in die oggend bel en sê ”Kom help my, ek is in die moeilikheid?” Okei dis dalk bietjie drasties, want as iemand my 2 uur wakker maak is ek nie die vriendelikste persoon nie, maar vir my VRIENDE sal ek enige iets doen. Wie is daardie mense in jou lewe?

As alles net te veel raak, by wie kan jy gaan sit en net gesels. Iemand wat nie noodwendig die antwoorde het nie, maar wat bereid is om te luister.

Baie maal voel mens teleurgesteld in mense, mense wat jy gedink het is jou pel, maar eintlik is daardie persoon eintlik net ʼn goeie kennis.

Ons is geneig om onself aan mense te bind en ongelukkig so vinnig mens se hart vir daardie persoon oop te maak dat dit wel op die ou end, meer skade as enige iets anders maak.

Ek dink ons gebruik die woord vriend te maklik. Nou wat is ʼn regte vriend? Volgens my is dit iemand wat jou aanvaar net soos jy is. Iemand wat by jou staan deur dik en dun. Iemand wie daar is vir jou.

Koester daardie ware vriende. Many Hale het een keer gesê

“Celebrate the people in your life who are there because they love you for no other reason than because you are YOU.”

 

Advertisements

One thought on “Vriendskap: Meer as net drinking buddies

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s