Die liefde

“Miskien is die liefde net ʼn fantasie, dis nie alles maanskyn en rose nie” uit Stille Waters deur Christopher Torr

Ah die liefde. Seker die een ding wat net soveel geluk as seer bring. Kan mens liefde definieer? Moeilike een. Dink bietjie daaraan. Ook iets wat vir my baie moeilik is om oor te skryf.

Ek het al soveel keer die rubriek geskrap” en besluit om nie hieroor te skryf nie. Want dit is te moeilik.

Nou ek sal nou nie myself bestempel as ʼn kenner op die gebied van liefde nie, veral nie in die spesialisveld van romantiese liefde nie. Ek noem dit ʼn spesialisveld, want persone wat romantiese liefde kan “bemeester” (okei dit klink dalk bietjie vreemd) kom ons sê liewers, iemand wat romantiese liefde volkome kan verstaan, is werklik waar uniek en uiters begaafd.

Nou as daar een ding van die liefde is wat ek dink vir almal baie moeilik is, is wanneer jy gevoelens vir iemand het en daardie persoon voel nie dieselfde oor jou nie. En daardie persoon laat jou weet: “Ek wil net vriende wees”

#Friendzoned.

Nou vir die gene wat nie weet wat friendzoned is nie. Dis bv. Wanneer jy vir ʼn meisie sê jy is verlief op haar en sy laat weet jou dat jy net ʼn baie goeie vriend vir haar is en sy dit sal verkies om net vriende te bly. Dit is seker een van die minder lekker dinge in die lewe. Dit gooi mens nogal van jou perdjie af. Veral as jy gedink het dinge gaan uitwerk en toe het dit nou nie. Dis nogal embarasing. En dinge tussen julle twee is nogal awkward. Die hartseer ding is, dat dit soms die “vriendskap” wat mens gehad het, opneuk. Want dit voel asof dit nooit weer dieselfde gaan wees nie. Uit sulke ervarings het ek ʼn paar goed geleer.

1)    Life goes on. (Cliché ek weet) maar dis die waarheid. Soms moet mens maar dinge net aanvaar soos dit is en aangaan.
2)    Daar is baie ander visse in die see. (En as jy nou nie ʼn goeie visserman is nie, leer vis vang)
3)    Alles gebeur met ʼn rede (nog ʼn cliché) maar daar sal ʼn goeie rede wees hoekom julle nie saam is nie.

 

Mooi loop

Peter

NS: As jy wil “subscribe” aan my blog, scroll op tot bo en dan links  by “Volg my blog via Email” en los gerus ‘n comment (bo aan die post by “Lewer kommentaar”

 

Advertisements

One thought on “Die liefde

  1. Peter , my maat , ons almal word gefriendzone ! Dis maar deel van die lewe en grootword , wyse woorde wat jy daar op jou blog gepost het !

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s