Vliegtuig-Praatjies

Ek vlieg alleen – amper altyd. Soms sit ek langs iemand wat te hard kou, maar as ek gelukkig is, is die hele ry sitplekke langs my oop. Dit is nou slegs nasionale vlugte – van Joburg tot in die Kaap. Die vlug duur rondom twee ure en dan kan jy of langs ʼn gesofistikeerde besigheidsman of langs ’n opgewonde vakansieganger sit.

Jy stap by die gangetjie af en kyk oor die passasiers wat reeds sit. Jy kan onmiddellik sien iemand het nou daardie persoon se pap opgeëet. Dit is jou gelukkige dag want daai persoon sal nou langs jou sit. Daar is geen sprake van ʼn glimlag op daai gesig nie. Dan as jy nog teen die venster sit en hy moet vir jou opstaan, sodat jy kan in skuif, weet jy al dat dit ʼn geen-gesprek-vlug gaan wees. Hulle het dan gewoonlik ook die vermetelheid om hulle arms op albei armlenings neer te plons en jy moet dan soos ’n sardientjie in ʼn blik sit.

Party is anders, hulle sal jou groet maar dis ook al, hulle sal dan of aanhou koerant lees of sudoku invul, lyk my dis baie gewild, die sudoku ding. My oupa is versot op sudoku, ek verstaan tot vandag toe nie die genot daarvan om nommers in blokkies in te vul nie. Baie maal probeer ek maar ʼn gesprek aan die gang sit, as die persoon sy sudoku of koerant los. Dit begin altyd bitter awkward, “Sjoe dis nogal koud vandag nê?” (Begin mos maar altyd met weer-praatjies) Dis ʼn veilige opsie om mee te begin, want dis ʼn algemene gespreksaankooppunt. Die persoon se antwoord sal dan bepaal of jy eerder dalk self moet begin dink daaraan om liewers die invlug-tydskrif begin te lees of verder te gesels.

Dan kry jy die mense wat bitter honger is vir geselskap en jy dan liewers gewens het jy het nooit begin gesels nie. Moet nie ʼn fout maak nie, ek gesels ook baie, maar party mense hou net nie op nie. Op ʼn tyd wil ek ook net bietjie musiek luister of boek lees, dan is die oom steeds besig om te vertel oor sy dae op die PU vir CHO, nou die NWU-Puk en hoe hy op die HK was van sy koshuis.

As jy gelukkig is, “click” jy en die persoon langs jou en word goeie pelle, dit gebeur selde.

Na die twee ure vlug, stap mens weg met of ʼn nuwe vriend of met die voorblad van die Beeld in jou gesig.

Tot ‘n volgende keer
Mooi loop, Alles Wat Mal Is

Peter

NS: “Subscribe” gerus op my blog, deur jou e-posadres in te vul, aan die regterkant waar daar staan “Volg my blog” en los kommentaar bo-aan die post.

Advertisements

9 thoughts on “Vliegtuig-Praatjies

  1. Lekker gelees! Jy skryf baie lekker, Peter! Daai “awkward” moments, is dit wat ek altyd die meeste later onthou. Het al vir baie van ons bylaes so geselsies met vreemdelinge langs my aangeknoop. Het nou met ons reis Noord-Kaap toe, langs ‘n ene Jonty gesit. Hy het vir sy ma, wat ‘n huishulp in Constantia is, gaan kuier die skoolvakansie. En toe is hy weer op pad terug na sy pa toe wat help by die myne. Dit laat jou altyd net vinnig weer besef hoe groot die wêreld is, maar dat iets soos ‘n vliegtuigrit mens kan saambring vir ‘n paar oomblikke.

    Like

    1. Baie dankie David, waardeer die terugvoer! Ek het nou jou Jonty-storie baie geniet. Elke mens het sy eie storie, soms moet mens net bietjie daarvoor soek. Mense en hulle stories, dink dis ‘n blog post op sy eie! Mooi loop, alles wat mal is

      Like

  2. Lekker stuk Peter! As ‘n Puk student wat self ver bly en gereeld vlieg, verstaan ek elke woord wat jy daar sê. Dankie vir die lekker lees, ek geniet altyd jou blog! Moet asb nooit ophou skryf nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s