Daardie kommentaarseksie

So tydjie gelede het ek ʼn praatjie van Max du Preez bygewoon. Die praatjie het gehandel oor Die Suid-Afrikaanse Medialandskap en o.a. praat hy toe oor daardie kommentaarseksie op nuuswebtuistes onder aan artikels.

kommentaar

Daardie plek waar elke Jan Rap en sy maat ʼn opinie oor ʼn artikel of stuk kan lewer. En ja as daar een ding is wat ons lief is om te doen, is dit kla. Ek maak myself ook baie maal skuldig hieraan. Sosiale media is die een platform waar ons as mens ons “gevoelens” kan uitdruk.

Kyk maar op enige post wat Netwerk24 of News24 op Facebook publiseer en gaan lees bietjie die kommentaar. Dis sulke tye wat ek die springmielies nader trek en begin lees.

Die kommentaar is soms meer interessant as die berig self.

Dis asof party mense fout vind met alles. Let maar op – altyd dieselfde mense en altyd dieselfde probleme.

Iewers tussen die honderde kommentaarbrokkies is daar altyd ʼn geloof-, etniese-, rasse- of taalkwessie aan die gang. Baie maal hou die kommentaar nie eers naastenby verwant met die artikel nie.

O, en hoe kan ons vergeet? Elke tweede persoon is mós ʼn kenner op die gebied van álles. As daar ʼn hofsaak aan die gang is, is daar altyd een leek wat al lankal weet wie die skuldige is en hoe lank hy gevonnis moet word. Vat nou die Oscar Pistorius saak as ʼn voorbeeld. Daar was twee kante – die vir Oscar en die teen Oscar.

Jammer om te sê, maar party mense adverteer regtig hulle onnoselheid met die kommentaar wat hulle lewer, dis asof hulle kommentaar lewer net om tog iets te sê

Ek is soms te bang om die kommentaar op ʼn weerberig te lees, want ek is seker daar sal een of ander persoon wees wat gaan kla en sê dat die hitte maak dat Afrikaans nie meer onderrigtaal in ons skole gaan wees nie. So absurd soos dit klink, so is die werklikheid.

Ons lewe in ‘n era waar elkeen ‘n opinie het en elkeen is reg. Elkeen het menseregte en neem daardeur aan dat hulle kan sê net wat hulle wil. Ongelukkig werk dit nie so nie.

Tot ‘n volgende keer, mooi loop

Alles Wat Mal Is

Peter

NS: Jy is meer as welkom om ‘n comment op die post te gooi, ek hoor graag van jou. O ja en onthou jy kan op hoogte bly van al my posts deur te subscribe op my blog. V

Advertisements

4 thoughts on “Daardie kommentaarseksie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s