My Potch-storie (Deel 1)

Ek is nou al byna 10 maande in Potchefstroom and what a journey it has been so far. As jy vir my twee jaar gelede gesê het dat ek in Potch gaan kom swot, sou ek gesê het jy is van jou sinne beroof.

Wel twee jaar later en hier sit ek, in een van my gunsteling koffieplekke, Station Coffee,  hier op die Bult.  ʼn  Plek waar ek gereeld uithang ( werk en skryf).

Station Coffee - Een van my gunsteling plekke in Potch
Station Coffee – Een van my gunsteling plekke in Potch

Om by Pukke te kom swot was seker een van die grootse besluite wat ek nog moes neem. (Voorheen was dit besluite soos, watter skool, watter vakke).

Nou was dit, óf ek gaan swot iets wat beslis nie vir my gepas is nie in Stellenbosch, óf ek swot in Potch iets wat ek graag wil, maar kan basies net vakansies huis toe gaan. Saam met dít sê ek totsiens vir die mooie Kaap,  sy berge, lekker wyne en snoesige winters.

12 Januarie is my tasse gepak en ek, my ma en pa durf die lang pad na Potchefstroom aan.

Op pad Potch toe, 12 Januarie 2015
Op pad Potch toe, 12 Januarie 2015

Met groot butterflies in my maag het ek die volgende dag my tasse in die koshuis, wat vir die volgende tyd my huis gaan wees, uitgepak.

Moet soveel vrees en onsekerheid het my Potch-journey begin. Vinnig-vinnig het ek my voete gevind en nuwe vriende gemaak. Mense wat van ander skole en plekke regoor die land kom. Mens leer maar vinnig wie is jou dam se eende.

Een my van grootste vrese was die onsekerheid oor wie my kamermaat gaan wees. “Sê nou ek kom nie met die persoon oor die weg nie?”. Maar soos die sielkunde ons leer, gebeur 97% van die goed waaroor ons ons bekommer, nooit nie. En in dié geval was dit so. Ek en my kamermaat het dadelik aanklank bymekaar gevind en gou goeie vriende geword, net om later te besef dat hy aan die begin van die tweede semester, gaan opskop en iets anders deur die pos gaan swot.

Ek & my kamermaat, Henlu
Ek & my kamermaat, Henlu

Om van ʼn skoolkoshuis na universiteitskoshuis toe te gaan, verskil ook hemelsbreed. Soveel meer vryheid en ja met vryheid beteken dit niemand gaan jou in die oggend wakker maak om klas toe te gaan nie. #Selfdissipline.

Toe ek wel in my eerste klas opstaan nadat die dosent ʼn vraag aan my gerig het, was haar reaksie dadelik: “Jy kom van ʼn seunskool af nè?”. Hierdie gebaar was vir my bloot uit gewoonte uit my skooldae. Klasdraf het my baie geleer soos bv. Dosente is nie onderwysers wat agter jou gaan aanhardloop en herinner om jou taak in te gee nie. Jy gaan beslis ook nie oor die interkom geroep word wanneer jy nie in die klas is nie: “Kan Peter Pentz asb. dadelik na Mnr van Hansen se klas gaan”

Screen Shot 2015-09-03 at 6.57.59 PM
Maandagoggende se 8:00 klas is die ergste

Alhoewel Potchefstroom nou nie ʼn dorp is wat baie bied om oor naweke te doen nie, is hier oorgenoeg eet- en drinkplekke.
O, en kán Potchefstromers kuier. Ek vind dit soms moeilik om by te bly – Stellenbosch staan op sy! Hoe sê hulle: jou studentetyd is die beste tyd in jou lewe.

Ja, daar Ís tye wat ek huis toe verlang, maar vakansies maak op daarvoor. Ek sien uit na die volgende paar jaar se studies op Potch. Ek is gelukkig hier.

Tot ‘n volgende keer, mooi loop.

Alles Wat Mal Is

Peter

Ps: Los gerus vir my ‘n boodskap in die kommentaarseksie. As jy op hoogte wil bly van
als wat op my blog aangaan, “subscribe” gerus, deur jou epos in te vul, bo regs.

Advertisements

7 thoughts on “My Potch-storie (Deel 1)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s