Ouma Ann

1545196_10200271879999760_1469890347_n

Vandag. ʼn Jaar gelede. Vroeg Maandagoggend, 3 November 2014 is Ouma Ann oorlede. Ek slaap buite die huis in die woonstel. Daardie oggend sal ek nooit vergeet nie. My foon lui. Ek skrik wakker. Ek dink vir ’n oomblik dis my wekker. My ma bel van binne die huis.Gelyktydig klop iemand aan die deur. Ek maak die deur oop. Daar staan my pa. Sy trane vlak in sy oë. “Ouma is so ʼn uur gelede oorlede. Ek wou jou nie kom wakker maak nie, maar mamma het gesê, jy het gesê ons moet jou dadelik laat weet.” Skielik sink die realiteit in. Ouma is weg. Ek gee my pa ʼn druk en klim terug in die bed. Ek lê en dink. So dis nou dit. Ouma is vir ewig weg. Ek gaan haar nooit weer sien nie. Vir 3  jaar het sy baklei teen die kanker. En nou… nou is sy weg.

Later daardie oggend is ek terug koshuis toe, ek probeer fokus, want dis my matriekeindeksamen. Ek het 9 uur nog ’n vraestel gaan skryf. Die res van die week pak ek met ’n swaar gemoed aan.

Hoe skryf mens oor so ʼn amazing vrou. Ouma Ann was ʼn regte “lady”. Jy kon haar altyd deur ʼn ring trek. ʼn Perfeksionis was sy beslis. Alles het ʼn plek gehad en als moet altyd netjies wees. Hiermee dan ook was sy ʼn omgee-mens, sy het regtig belanggestel. Sy was ook altyd ʼn bok vir sports en het al selfs al saam met my op ons vierwielmotorfiets gery.

Daar is sulke klein random goedjies wat ek van Ouma Ann onthou: Sy het altyd al my artikels wat ek geskryf het, netjies uitgeknip en veilig bewaar. Sy het altyd koeverte gehou om dit te herwin, op die agterkant het sy later aantekeninge en inkopielysies gemaak. So ook het sy altyd gevriesde ertjiesop in ’n roomysbak saamgebring wanneer sy kom kuier het. Hierdie sop het bekendgestaan as “Ouma Ann se sop”. Sy was ’n bobaas kok. Ek onthou ook Ouma Ann het sterk voorkeure gehad – van winkels, Woolworths se kosafdeling was natuurlik haar gunsteling, tot by sepies. As sy nou nie so baie van ʼn TV-reeks gehou het nie, het sy gewoonlik geantwoord. “Ag, nee wat, dis maar feable”

Soms voel dit of ek Ouma net vir ʼn ruk lank nie gesien het nie, maar as ek weer gaan kuier in die Strand sal ek vir Ouma weer sien. Hoe neem mens afskeid. Ouma, Ouma word gemis. Maar een ding wat ek vir altyd saam my sal dra, is die herinneringe wat ek van Ouma het.

Sy was waarlik ʼn legend.

Advertisements

3 thoughts on “Ouma Ann

  1. Ag dierbaar Penna, ek hoop almal het die voorreg om ‘n Ouma Ann in hul lewe te he. Ek sal nooit vergeet wat jy verlede jaar vir Alexander beteken het toe sy ouma oorlede is nie, hy koester dit. Groetnis uit die Kaap

    Like

  2. Ai ,Peter, jy so reg in jou blog.Dis asof sy nog hier nou moet wees.Ek klou aan n roomysbak , die sopbak. Ek moes dit trug geneem het , maar sy te vroeg, te vinnig wer, my kind. Dankie v die mooi ,blog.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s