Nuwejaarsvoornemens

Oor ‘n paar dae is 2015 ook weer iets van die verlede. Iets wat was. Dan pak ons weer ‘n nuwe jaar aan. Elke jaar het ons ‘n lysies van dinge wat ons nuwejaarsvoornemens noem.

Dit is seker die grootse klug onder die son. Die grootste ding op meeste mense se lysie is gewig. “Die jaar gaan ek gesonder te eet.”, “Ek gaan probeer om minstens twee keer om die blok te stap.”

Dan is daar natuurlik ook die finansiële aspek. “Die jaar gaan ek elke maand ‘n x bedrag wegsit om te spaar. En as ek miskien kan ophou rook is dit ‘n bonus.”

Vir die eerste twee, drie weke vorder mens gewoonlik goed met die voornemens.
Jy is nou ook op die Banting-wa en stap sommer drie keer om die blok élke aand.

Finansieel het jy al sommer reeds meer geld weg gesit as wat jy beplan het en jy het weke laas aan ‘n sigaret gevat.

Die knou kom gewoonlik so hier begin Februarie maand. Dan is die snaaksigheid van nuwejaarsvoornemens verby.

Dis dan dat jy besef maar jy mis nogal daai take-aways én dis mos vandag Maandag. Spur se buy one get one free burger  special.

Jou skedule begin ook meer besiger raak en kort voor lank is stap en spaar iets van die verlede. En toe jy nou die dag by Pick ‘n Pay by die Kiosk staan om lugtyd te koop, toe besluit jy sommer om ‘n pakkie sigarette by te vat.

Vir die gene wat dit wel kan doen en aan die einde van die jaar kan sê “Ek het by al my voornemens gehou.” Vir julle haal ek my hoed af.

Elke jaar stel ek ook maar my lysie op en het deur die jare besef om dié lysie maar vir myself te hou. Ek glo die kernwoord, en dit geld seker maar vir als in die lewe, is balans. Stel voornemens op wat jy weet jy kan volhou.

Mag 2016 ‘n onvergeetlike lekker jaar wees

Mooi loop

Alles Wat Mal Is
Peter

 

{Het jy enige nuwejaarsvoornemens? Los ‘n “comment” • “Subsricbe” en bly op hoogte van nuwe posts op my blog}

Advertisements

One thought on “Nuwejaarsvoornemens

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s