Small Talk 101

Peter Pentz

Small Talk, wat is die Afrikaanse term hiervoor? Google Translate sê “klein praat” verseker is dit nie. Mmm, dalk geselsies aanknoop?  Min mense kry dit reg om small talk te bemeester, sommiges vermy dit soos ek oefening vermy.

Tog word ons elke dag daarmee “gekonfronteer”.  In die ry by die supermark, by die dokter se spreekkamers, ag oral. Ek moet bieg, ek hou daarvan om geselsies aan te knoop met mense. Mense te leer ken. Die kanse is baie goed hulle ken iemand wat jy ken. Die wêreld is maar eintlik baie klein.

Nou waaroor praat mens met so ‘n vreemdeling? As jy ongemaklik voel en met die persoon moet praat, begin maar met die weer. Clichè ek weet, maar dit werk. Dis iets wat almal oor kan praat. “Nogal koud vandag nè?”, maar moet nie soos ‘n klakous klink nie. Na die weerpraatjies behoort jy ‘n goeie aanduiding te kry of jy maar kan aanbeweeg na die volgende onderwerp of eerder op jou foon moet klim en op Instagram kyk wie wat  vanoggend geëet het vir ontbyt.

As julle verder gesels vermy maar dinge soos politiek, geloof ens. Behalwe as jy en daardie persoon ‘n behoefte aan so ‘n diep gesprek het.

Nog ‘n onderwerp wat goed werk is, wat bring jou hier? Waarvandaan kom die persoon? Bly hy/sy in die Kaap ook in die dorp? Het hulle ook daardie aaklige griep wat die hele dorp het? Assosieer dan met die persoon. “Ja-nee, die griep het my ook beet gekry”. Moenie jou hand oorspeel nie. Te veel, te vinnig skrik mense af. Jy wil nie hê mense moet dink jy het nie vriende nie, of dat jy nooit mense sien nie.

Is jy lief vir “small talk” of vermy jy dit? Laat weet my deur ‘n kommetaar op die post te los.

Tot ‘n volgende keer, mooi loop.
Alles wat mal is

Peter

Bly op hoogte van my blog deur te subscribe

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s