Lewe vir nou

“Die dood beskaam nie; ons kom en ons gaan is soos water uit die kraan”
– Breyten Breytenbach uit: Ek sal sterf en na my vader gaan

Foto: Andrea Grobbelaar
Foto: Andrea Grobbelaar

Twee weke gelede is een van my goeie skoolvriende, op ouderdom 19, oorlede.

Motorongeluk. So vinnig, so onverwags is hy weg. Soos Breytenbach sê: “die dood  beskaam nie.”

Dit het my net weer laat besef, die lewe is so kort.  Ons hoor elke dag dat ons moet voluit leef.  “Lewe asof vandag jou laaste dag op aarde is.”  Tog,  doen ons dit nie.
Ons dink altyd daar sal ʼn môre wees.

Nou ek wil nie hê die post moet klink soos een van daai motiveringsvideo’s op YouTube nie, daar is genoeg van hulle.

Maar ek dink nie ons besef aldag hoe kosbaar ons lewe is nie.

Soveel van ons staan in die oggend op met ʼn negatiewe houding en pak dan die hele dag so aan.

In plaas daarvan om die dag aan te gryp met al twee hande. Carpe Diem.
Doen waarvan jy hou, sover moontlik – streef jou passies en drome na.

Leer ook hoe om die klein dingetjies in die lewe te waardeer.

Karen Zoid het ʼn song vir haar seun geskryf met die naam,  As musiek begin speel.

Die lirieke is vir my so treffend: “Ek wil hê jy moet saamsing as musiek begin speel en dans in die somer se reën. En soek vir die reënboog langs die pad, my skat.”.

Weer eens besef ek net dat dit so waar is,  ons moet saam sing as musiek begin speel. Lewe in die oomblik.  En ja ons moet soek vir daardie reënboog langs die pad.
Dis soms nader as wat ons dink.

Soms kyk ons dit mis.  Soms is dit in die klein dingetjies wat ons minag.

Gaan luister gerus na die res van die liedjie.

Koester die mense na aan jou.  Die mense wat vir jou omgee en gelukkig maak.
Hulle sê positiwiteit smeer af – smeer af klink dalk bietjie morsig – maar jy verstaan wat ek bedoel.

Raak die mense in jou lewe aan deur ʼn goeie en positiewe gesindheid.

Lewe vir vandag. Lewe vir nou.  Die lewe ís kosbaar.  Môre mag dalk nooit kom nie.

Tot ‘n volgende keer,  mooi loop

Peter

NS: Bly op hoogte van my posts  deur te subscribe . Voel ook vry om ‘n comment te los.

Advertisements

One thought on “Lewe vir nou

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s