Verken Suid-Afrika

Een van my goeie vriende, DJ Cloete, het die ander dag ʼn stuk op sy blog geskyf, “From town to town”.  Dit het my weer herinner oor die mooi van ons land, Suid-Afrika. Ons is soveel keer geneig om oorsese plekke te verken, terwyl ons eie land nog soveel “undiscovered golden gems” het. Suid-Afrika is ʼn land met ʼn groot diversiteit van plekke. Van Sandton City tot ʼn vissermansdorpie soos Paternoster. Daardie totale kontras.

Sandton
Nelson Mandela Square, Sandton

Ons moet ons land meer verken – in jou kar klim en ʼn roadtrip vat deur Suid-Afrika. Van die Kaap, deur die Karoo tot bo in die land. Stop by die klein dorpies, hulle is so uniek aan Suid-Afrika. Van Pofadder tot Philadelphia. Sulke dorpies het altyd die interessantste stories en geskiedenis.

Die strate van Graaff-Reinet

Dis vir my treffend hoe die landskappe verander soos jy deur ons land reis. Nes die verskeidenheid landskappe bestaan Suid-Afrika uit diverse mense, elke streek anders. Dink maar net aan die Swartlanders met hulle brei (Ja, ek kom ook van daar en brei self.) tot die Pretorianers met hulle aksent.

Ons moet die land leer en verken. Dana Snyman se stories is vir my altyd so aangrypend. Hy beskryf hierdie land van ons met sy plekke en mense nes Dana kan. Ek het weer besef dat daar nog soveel plekke in die land is wat ek nog wil besoek. Suid-Afrika het van dié mooiste landskappe.

Meer aan die bokant van die land kan ons maar net byvoorbeeld die Kruger Wildtuin vat. ʼn Stukkie natuurskoon op sy mooiste. ’n Mens kan omtrent ʼn hele blogpost afstaan om net oor die uniekheid van die Wildtuin te praat. Van die landskap tot die verskillende diersoorte.

Tydens ons besoek aan die Wildtuin in 2014

ʼn Plek in Suid-Afrika wat my ook na aan die hart lê, is die Karoo. Daar is net iets wat my aantrek soontoe. Dalk is dit die stilte en vrede wat daar heers of selfs die gestrooptheid van dié landskap. Iets wat party mense as dor en kaal sal sien. Vir my is dit ʼn ongelooflike mooi en kosbare deel van Suid-Afrika. Ek sê altyd vir my ma-hulle, ek sal nog eendag vir my ʼn vakansiehuis in die Karoo wil koop.

Afdraai Karoo toe

Dan aan die suidpunt van Suid-Afrika, die Kaap – as jy so rondstap in die V&A Waterfront of tussen al die ou geboue in die middestad, voel dit asof jy jouself iewers in Europa bevind. Ook natuurlik, die mooie Tafelberg. ‘n Wêreld bekende berg, een van die Nuwe Sewe Wonders van die Natuur.

Tafelberg

Ons almal is deesdae so op ons fone met die GPS en mis soms die mooi landskappe waarby ons verbyry. So trek daardie padkaartboek nader en maak jou roadtrip bietjie meer opwindend (my pa glo nogal in ʼn padkaart) om die wonderlike land van ons beter te leer ken.

Wat is jou gunsteling plek in Suid-Afrika? Laat weet my in die kommentaarboksie hieronder.

Tot ʼn volgende keer

Mooi loop

Peter

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s