Musiek is medisyne vir die siel

Musiek is medisyne vir die siel. Dis daardie goed-voel pil as jy ‘n slegte dag beleef het. Dis die kalmeermiddel voor ‘n groot toets of werksonderhoud. Musiek verstaan, musiek vra nie vrae nie, musiek laat jou net wees.

Foto: Andrea Grobbelaar

Gedurende die Maart-vakansie het my niggie by my kom kuier. Een aand sit en kyk ons The Voice SA. Twee deelnemers moes sing, in wat hulle noem ‘n battle, Swart Koffie van Corlea Botha. Na afloop van die optrede was een van die beoordelaars, Lira, so meegevoer en sê “You made me love the song and that’s the art of great song writing and a great performance, is that you forget the language and you read the energy.” Dis presies wat musiek doen. Dis daardie energie, daardie gevoel. Musiek is vir my een van die mooiste vorme van kuns.

Musiek bind mense oor die grense van taal en kultuur – dit bring ons saam. Nes die luisteraar is musiek só divers, van rock tot opera en alles tussen in. Maar dit is daardie een faktor wat met elke mens praat: musiek gee uiting aan mense se emosies. My koshuiskamermaat beskryf musiek as die enigste manifestasie van die menslike toestand. Ek stem saam met hom dit is juis daardie gevoel en emosie wat die mens ervaar wanneer hulle ʼn liedjie luister. Musikante deel daardie emosies met die luisteraar, wat dit eintlik ‘n baie persoonlike medium maak.

Die manier waarop mense geraak word deur musiek kan maar net in die geskiedenis gesien word. Dit beklemtoon eintlik hoe musiek mense saambring en hoe sterk invloed dit het op ons daaglikse lewens. Musiek vorm nie net deel van vermaak nie maar ook van protesoptogte. Dit is die medium wat almal verstaan en dit gee die mens die moontlikheid om ʼn energie oor te dra wat nie andersins moontlik is nie.

Ons moet meer musiek luister en die wonder van musiek ervaar – so sit jou oorfone in
en lekker luister.

Tot ‘n volgende keer, mooi loop

Peter

Advertisements

One thought on “Musiek is medisyne vir die siel

  1. Peter, stuur tog komplimente aan Andrea vir die foto! My oorfone is tans in – ek luister graag musiek om my beter te laat voel. Dankie vir die lekker leesstof! Ek sien altyd uit 🙂

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s