Eksamenseisoen

Die winter is vinnig besig om in te sluimer. Soos die jaar van seisoene verander, is daar ook ʼn ander seisoen wat nader sluip. Die wintereksamenseisoen. Dit roep die komberse, verwarmers, koppie koffie(s) en natuurlik ook laatnag-swotsessies nader.
Ek noem dit ʼn seisoen want, tydens eksamen verander als. Almal gaan in ʼn eksamen “zone” in. Dit is net notas, opsommings, penne en papiere wat die tafels vol lê. Handboeke wat opmekaar gestapel is. Georganiseerde chaos. Terwyl daar ʼn leë koppie koffie staan en  hunker na nog ʼn House of Coffee ‘s Special Blend. In sommige kamers is die asblikke vol Monster en Red Bull-energiedrankies. “Brandstof vir die brein.”

Eksamenseisoen
Eksamenseisoen

Ek swot makliker in die winter as in die somer. Seker maar omdat dit te koud is om buite te wees en iets te doen. Dis gemakliker om met ʼn fleece kombers en ʼn verwarmer by die voete te sit en leer, as wat jy jouself doodsweet van die hitte. Dis snaaks hoe tydens ʼn eksamen jy altyd sóveel meer interessante goed kry om te doen as om te swot. Die hele jaar lyk jou kas of ʼn warrelwind dit getref het, maar tydens die eksamen is daar áltyd tyd om kaste reg te pak. As jy wel voor die boeke kom en begin, besef jy, vanaand gaan jy nié ʼn vroeë aandjie kan hê nie en wens jy, jy het die dag die klas bygewoon waar die dosent, dié spesifieke teorie verduidelik het.

Op die dag wat daar eksamen geskryf word, kry jy verskillende karakters by die eksamenlokaal. Daardie persoon wat daar aankom reeds met die mentaliteit dat hy gaan dop. “Ouens ek is in my tjops, ek gaan dop, ek weet soos niks wat in die vak aan gaan nie.” Dan die een wat altyd by die ander iets wil weet oor die werk, “Verduidelik  asb. net gou weer vir my daardie vyf stappe om konflik op te los.” Sommiges kies om hulself af te sonder en alleen in ʼn hoekie te gaan sit met hulle pak highlighted notas. Repeteer hulle die werk op soos ʼn gedig vir die Eisteddfod.

In die eksamenlokaal is almal gespanne, met die uitsondering van dié wat reeds weet hulle gaan druip. ʼn Halfuur in die drieuurvraestel staan daar iemand op. Hulle is klaar. Kort nadat hierdie gewillige opgestaan het, is daar gewoonlik ʼn groepie wat volg. So asof die eerste persoon hulle vrymoedigheid gegee het om ook op te staan en te loop.

Gelukkig, wanneer die eksamen verby is, lê daar ʼn vakansie voor. Tyd om te rus, af te skakel en te vergeet van akademie, behalwe as jy natuurlik moet gaan her, dan is jou vakansie korter en nie so lekker nie.

Wag, ek moet seker ook nou aan die leer kom, voor my vakansie korter is weens ʼn onverwagse her.

Sterkte met die eksamen, lekker leer!

Tot ‘n volgende keer,

Alles Wat Mal Is

Peter

Ns.: Wanneer leer jy op jou beste? Is jy ook ʼn wintermens soos ek?
Laat weet my in die comment-boksie hier onder.

As jy van die post gehou het en op hoogte wil bly van my posts, kan jy subscribe.

Indien jy die post met iemand wil deel, druk net die share knoppie.

Advertisements

One thought on “Eksamenseisoen

  1. Ek dink ek een van elk van daardie mense. Soms weet ek alles, ander kere vra ek iemand om my te herinner en soms wil ek net alleen gelaat word. Ek leer definitief die beste onder druk, as die dringendheid nie daar is nie gaan dit maar swaar en alles anders is aantrekliker. Die winter is ook een van die lekkerste tye van die jaar vir my. Dis dalk koed maar mens gaan ook nie dood van die hitte nie. Mens kan altyd nog aantrek maar jy kan nie nog uitrek nie, haha! Lekker gelees dankie, Peter en dis ‘n cool foto! 😉

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s