Vrees laat ‘n mens uitmis

Pad na Jou Hart is seker een van my gunsteling Afrikaanse films. Dit vertel die storie van ʼn suksesvolle besigheidsman, Basson van Rensburg wat vyf dae het om by se pa se begrafnis in die Kaap uit te kom. Om die familiebesigheid oor te neem, moet Basson eers sekere take afhandel op sy pad af Kaap toe. Langs die pad ontmoet hy vir Amory wat vir hom ʼn saamrygeleentheid gee.

Die toneel uit Pad na Jou Hart © The Film Factory
Die toneel uit Pad na Jou Hart  © The Film Factory

In een van die tonele gesels Amory en Basson oor hulle bucket-lists. Een van die dinge op Basson se bucket-list is om tequila in Meksiko te drink. Die probleem is egter dat Basson ʼn vrees vir vlieg het en dis toe dat Amory vir hom sê: “Jy weet, vrees laat ʼn mens uitmis nè.”

Daardie stelling het my lank bygebly, omdat dit so waar is. Vrees keer mens om geleenthede aan te gryp. Dinge te doen. Voluit te lewe. Soos ʼn ou gesegde lui “You miss 100% of the shots you don’t take”

Soms is ek baie spyt oor dinge wat ek nie gedoen het nie, omdat ek te bang was. Aan die ander hand, is ek weer net só bly dat ek kanse gewaag het en die vrees trotseer het. Wat het jy om te verloor? Een van my gunsteling aanhalings is “In the end everything will be okay; if it’s not, it’s not the end.”

Meeste van ons vrees is grotendeels daardie vrees vir die onbekende – dit wat die toekoms vir ons inhou. Maar die onbekende is so opwindend. Dink net gou hoe vervelig dit sou wees as ons die toekoms kon voorspel. Waar is die opwinding daarin?

In matriek moes ek ‘n besluit maak. Of ek bly in my comfort zone en swot in die Kaap of ek trotseer my vrees en gaan swot iets wat ek regtig wil, maar in Potchefstroom. Vir lank het ek gehuiwer. “Moet ek regtig dit doen?”, “Dis só ver van die huis af.” Op die ou end het ek Potchefstroom gekies en dit was een van die beste besluite wat ek kon neem. As vrees my terug gehou het, sou ek spyt gewees het dat ek nie vandag Kommunikasie in Potchefstroom geswot het nie.

Die lewe is een groot avontuur. Ons moet gaan en dit explore en voluit lewe. Kanse waag, wat het jy om te verloor?

Ek moet myself daagliks herinner, “Vrees laat jou uitmis!” Vat die kans en lewe sonder vrees, dit kort jou in en die lewe is juis so kort.

Tot ʼn volgende keer,

Mooi loop

Alles Wat Mal Is

Peter

Advertisements

One thought on “Vrees laat ‘n mens uitmis

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s