Jy en jou wenresep

Ons almal was al daar. Siek in die bed en daar is net geen medikasie wat jou kan gesond maak nie. Die pakkie Strepsels lê al leeg langs die bed, maar steeds krap jou keel. Jy’t ook al alle soorte bruistablette gebruik, maar dié bruis meer jou maag as enige iets anders.

Jou ma se vriendin hoor van jou ellende en stel dadelik voor dat jy ʼn mengsel van gemmer, brandewyn, heuning, suurlemoensap en ʼn Disprin drink. “Ek sê jou nou, dis al wat werk. Nou die dag het oom Bertus met dieselfde ding gesukkel, na drie dae se behandeling met dié konkoksie, was hy weer perdfris en gesond.” Wat die tannie nie weet nie is, oom Bertus het nou die dag vir iemand gesê dat daardie konkoksie hom meer naar gemaak het as enige iets anders.

Al wat jy soek is die brandewyn, bogger die res. Tog maan die tannie dat jy dit móét gebruik, want dit werk. Maar ten spyte daarvan, glo ek nie altyd dat as iets vir jou gaan werk, dit verseker vir my gaan werk nie. Ons almal is tog uniek. Ek is bly vir jou as jou brandewyn-en-heuning konkoksie werk, maar ek hou liewers by wat vir my werk – al vat dit ’n bietjie langer.

Dieselfde ou storie met gewigsverlies. Elkeen het sy eie raat en raad oor hoe om gewig te verloor. “Jy volg net hierdie 21 dag eetplan, ou seun ek belowe jou, jy verloor gewig soos bome blare in die Herfsseisoen verloor.” Mmm die ironie is dat ’n mens 10 dae later nie sê sou die oom is 15 kilo’s ligter nie. Ander sweer hand en mond dat Banting die enigste opsie is. Ek het al als gehoor. As dit kom by gewigsverlies is ek die laaste een om te praat. Soos een van Paul C Venter se karakters in Vlug na Egipte sê: “Ek kyk net vir ʼn chocolate dan moet ek die deurkosyne wyer maak.” Ek sal wel self my pad vind om gewig te verloor. Chocolate vir chocolate, ag ek bedoel appel vir appel.

Nou ek wil nie ondankbaar klink nie. Ek waardeer altyd raad en advies van ander – dis al hoe mens leer. Mense wat al die pad gestap het: grondpad langs. Miskien is ek te sinies en moet ek dalk seker iewers begin en ’n raat uittoets, wie weet dalk werk dit vir my ook.

Tot ʼn volgende keer.

Alles Wat Mal Is

Peter

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s