Interskole 2016

Ek blog nie gewoonlik oor events nie, maar Interskole is iets anders. Jaarliks speel Hoër Jongenskool Paarl teen Paarl Gimnasium. Gedurende Interskoleweek word daar rugby, hokkie en sport gespeel.  Saterdag is die groot dag, wanneer die hokkie eerstespanne mekaar in die oggend die stryd aansê en dit dan gevolg word deur die A rugbyspanne tot die hoofwedstryd tussen die o.19A-rugbyspanne.

Interskoleweek is ‘n hoogtepunt op almal se kalenders. Mense kom selfs van oorsee vir die byeenkoms.

Selfs ek het van Potchefstroom af huis toe gevlieg vir die groot week. Met die vakansiedae was dit sommer ook ‘n lekker langnaweek vir my.

As ek terugdink aan my eerste interskole in graad 8 tot my laaste interskole in matriek, kan jy nie dink dat tyd so vinnig gevlieg het nie. Herinneringe wat my altyd sal bybly. Die sing songs by die skool en net die algehele opgewondenheid wat heers. Dis ‘n gevoel wat jy nie vir iemand kan beskryf as hy dit nie self al beleef het nie.

Donderdag het ek die voorreg gehad om die aand gasspreker te wees by die Mini Brag. ‘n Groot voorreg om by my Alma Mater te gaan praat het. My trots, my huis.

Had the privilege to be guest speaker at Paarl Boys' High's Mini Brig last night.

A post shared by Peter Pentz (@peterpentz) on

Vrydag was almal reg vir dié groot naweek. Paarl is getooi in baniere van Boishaai  en Paarl GIM. Almal se oë was op Saterdag se hoofwedstryd om 16:00.

Interschools 2016, it's here.

A post shared by Peter Pentz (@peterpentz) on

Saterdag was die groot dag. Selfs ek was op my senuwees, Boishaai se eerste rugbyspan het ‘n onoorwonne seisoen sover gehad. Met oor die 20000 mense wat die wedstryd bygewoon het, is dit nie jou gewone skolerugbywedstryd nie.

Faurestraat stadion was gepak. Interskole beteken ook dat ek met diegene wat ek nie noodwendig deur die jaar gereeld sien nie, kan opvang.

Die wedstryd self was naelbyt, maar uiteindelik het die manne in Blou die wedstryd gewen en wen Boishaai vir die tweede jaar na mekaar die interskole.

Eindtelling

Toe die eindfluitjie blaas het al die Old Boys op die veld gehardloop en die spelers op hulle skouers van die veld af gedra.

Boishaai wen Interskole 2016! Óngelooflik trots!

A post shared by Peter Pentz (@peterpentz) on

Met al die Boishaai Old Boys op die veld wat sing kan ‘n mens nie help om heimwee te ervaar en nostalgies te raak nie.

Na die tyd is die oorwinning goed gevier en was dit weereens lekker om al my skoolvriende te kon sien.

Ek en een van my goeie vriende Ruan Brits (Hoofseun van HJS 2014)
Ek en een van my goeie vriende Ruan Brits (Hoofseun van HJS 2014)

Interskole is verseker ‘n hoogtepunt op my kalender en dié jaar was geen uitsondering nie.

Alles Wat Mal Is

Peter

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s