Op 2016

Hierdie blog post is al so long over due. Ek moes al op die lughawe op pad huis toe begin skryf het maar weke later is die post nog nie klaar nie. Nou moet ek maar die ABC beginsel van skryf toepas. Apply Bottom to Chair.

2016 staan tot ʼn einde en 2017 wink al vir ons op die horison. Dit is tydens hierdie tyd wat mens terugkyk na die jaar wat was: reflekteer oor die goed én die sleg. Tussen die triffle, gamon en sjampanje is dit goed om bietjie introspeksie uit te voer voordat mens die nuwe jaar aanpak. Vir baie was 2016 ʼn rowwe jaar – kyk maar na al die memes oor 2016 en jy sal weet waarvan ek praat – maar vir my was dit ʼn goeie jaar. Ek is klaar met my tweede jaar op universiteit en in 2017 begin ek met my derde en finale jaar van my kursus.

Volgende jaar veruil ek die koshuislewe vir die lewe van ʼn “student in ‘n flat”. Na sewe jaar van ʼn koshuiskind wees, sien ek uit na die bachelor’s flat-lewe. Kwit, maar dit beteken ook self kosmaak, woonstel skoonmaak en alles wat saam met dit kom.

Dié jaar het ek nuwe mense ontmoet en nuwe uitdagings aangepak, maar natuurlik ook foute gemaak en daaruit geleer. As daar een ding is wat ek uit 2016 geleer het, is dat ’n mens soms jouself net bietjie moet druk om te kom waar jy wil wees. Soms is dit goed om uit jou comfort zone uit te kom – nie te stagneer nie, maar jouself die heeltyd te challenge.

In 2016 het ons ook baie mense gegroet. Dit het my net weer laat besef hoe kort die lewe is, en dat ons die mense na aan ons moet koester en ook elke dag voluit moet leef. En soos ek al vroeër vanjaar geskryf het; “Lewe vir nou.”

Met dit gesê sien ek uit na 2017 en om te sien wat 2017 vir ons als gaan bied.

Dankie vir die saamlees hierdie jaar op die blog. Baie dankie vir almal se ondersteuning, ek sou dit nie sonder julle kon doen nie.

Mag jy lekker rus en kwaliteittyd saam met die mense na aan jou spandeer. Mag 2017 net alles wat mooi is inhou.

Lig daardie sjampanje glasie hoog en tjorts! op ʼn jaar wat was.

Tot 2017,

Mooi loop!

Alles Wat Mal Is,

Peter

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s