Die Ironie van Vakansie Hou

A! vakansie. Die tyd waar die koffie-plunger vir 4 minute kan staan en brew, in plaas van net 1 minuut op ʼn haastige oggend. Dit alles terwyl jy al eintlik besig is om tande te borsel. Dis waar jy uiteindelik daardie Deon Meyer boek wat jou ma vir jou vir Kersfees gekoop het, kan lees. Laat slaap en een series na die ander binge watch.

Die ironie lê egter in die feit dat ons als behalwe dit doen. Ons pak ons vakansies so vol dat daar eintlik nie tyd is vir ontspan nie. Elke dag word tot die fynste detail beplan. “Môre gaan ons mall toe en daarna gaan ons tone natmaak in die see en laatmiddag is dit uiteet by Bicca’s. O, ja en moenie vergeet nie na dit moet ons foto’s gaan neem langs die see.” Want ons wil tog nie na die vakansie net kan vertel hoe asemrowend ons vakansies was. En jy het mos nie regtig vakansie gehou as jy dit nie op Instagram gelaai het nie. Om nie eers te praat van die story-funksie op jou WhatsApp, SnapChat, Instagram en Facebook nie.

Vakansies Vic Falls en kus toe is lekker, maar as ons weer terug is by die huis, is dit eers dan wanneer ons weer asem kan skep.

Toe ek jonger was het ek baie maal vir my ouers gevra wat ons die vakansie gaan doen dan sou my ma sê, “Ons gaan met Jan Tuisbly se karretjie ry.” Eers het ek gedink dis ʼn tipe pretrit, net op later te besef dis eintlik maar net oulike woorde vir, “Ons gaan by die huis bly.”

Soos ek ouer word (en nou klink dit asof ek al ʼn ou man is) verkies ek eintlik om meer gereeld met “Jan Tuisbly se karretjie te ry”. Ek is min genoeg by die huis en as ek die geleentheid het om tuis te wees is dit presies wat ek wil doen – tuis bly. Ja vakansies by die see is pret, moenie ʼn fout maak nie. Mens herlaai tog mos maar in ʼn ander omgewing. Dis net, huis is waar die hart is en my hart is by die huis en dis waar ek my “hart herlaai”.

Ek sê nou die dag vir iemand vir my is ʼn goeie vakansie ʼn vakansie waar ek met mense na aan my kan opvang en wie ek lanklaas gesien het. Of ons nou gaan fietsry op Seepunt se Promenade of by die huis sit en wyn drink, dit maak nie saak nie. Jy hoef nie altyd iewers heen te gaan om ʼn goeie vakansie te hê nie. Rus ʼn slag. As die vakansie verby is, dan wens jy, jy het meer gerus.

Wag, my plunger staan nou al vir die afgelope halfuur en koffie brew, tyd om te gaan koffie drink.

Lekker rus.

Mooi loop, Alles wat mal is

Peter

Ns. Wat is jou ideale vakansie?

Advertisements

4 thoughts on “Die Ironie van Vakansie Hou

  1. My beste vakansie is een vol storieboeke, my hond op my skoot iewers in die sonnetjie. Koffiewinkels en mense sit en kyk- die lekkerste lekker is verfkwas in die hand of sketsboek in dir skoot. Stap sonder haas is beslis iets wat ek kan aanhou doen sonder om moeg te raak. Mens sien soveel meer raak, so on die stap.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s