Kry jou in die club

Ek beskou myself verseker nie as ʼn clubber nie. ʼn Clubber vra jy? Eenvoudig gestel kan ʼn clubber gedefinieer word as iemand wat gereeld in ʼn club kuier. Met die regte groep mense is clubbing soms net wat jy nodig het. Kloppende musiek, LED ligte en ʼn rookmasjien daarby.

Dis interessant hoe jy altyd dieselfde tipe mense by ʼn club kry. Verskoon tog dié stereotipes:

Eerstens kry jy die “Club Resident”. Die persoon wat jy verseker weet vanaand daar gaan wees. Die persoon is die spreekwoordelike regular en is al goed bevriend met van die bouncers tot die barman. Hy/sy ken die ins en outs van die club en kan presies vir jou sê wanneer die beste beats gespeel gaan word.

Die volgende tipiese clubber, is die “Club Newbie” (en in ‘n groot mate skryf ek hier van myself). Hulle kan van ʼn afstand herken word: Staan akwardly op die dansvloer met ʼn drankie in die hand en maak sulke eienaardige kopskudbewegings en weet nie lekker wat aangaan nie. Tipies sal hulle ook probeer om bo-oor die musiek ʼn geselskap aan te knoop. Wat gewoonlik dan vinnig eindig wanneer ʼn ander persoon terug skree, “Ek kan nie hoor wat jy sê nie bra, ons praat later.”

Interessant genoeg is daar ook altyd die “Soeker”. Die persoon wat by elke tafel en elkeen op die dansvloer ʼn draai kom maak om te hoor of hulle nie vir so-en-so gesien het nie. Die persoon wat gesoek word, is gewoonlik of by die pooltafel of het gou buite gaan rook. Of die soek sommer self ʼn sigaret of lighter.

Dan kry jy ook die “Kuierleier”. Dis hulle wat die partytjie aan die gang hou, die wat die dance moves aangee aan die res. Soms word daar ʼn sirkel om hulle gemaak en hulle is dan letterlik die centre of attention. As dié persoon sê die kuier is verby, dan weet jy, die kuier is verby.

Kyk uit vir hulle tydens jou volgende club-uitstappie en iewers tussen die hordes mense sal jy soms selfs vir my kry, iewers besig om nie te akward te lyk terwyl ek probeer dans nie.

Dans. Dans. Dans.

Tot ʼn volgende keer

Mooi loop (dans), Alles Wat Mal Is.

Peter

Advertisements

4 thoughts on “Kry jou in die club

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s