21 Jaar, 21 Dinge

12 Junie 2017 en ek is offisieel mondig. Ek het toe gedink dis wys om te skryf oor 21 jaar, 21 dinge. Dit klink soos ʼn eenmanvertoning wat by die KKNK opgevoer gaan word of nog erger soos ʼn selfhelp boek. Maar nee, dis 21 eenvoudige dinge wat ek oor in die afgelope 21 jaar geleer het. Party is wyshede wat ek by mense geleer het ander is maar net “dinge”.

  1. Vertrou die Here, Hy is in beheer.
  2. Luister na jou ouers. Ek sien nou die dag ʼn video van ʼn dogtertjie wat sê jy moet luister na die “ou mense” (verwysend na jou ouers) ja liewe Mia, jy’s doodreg. Ons ouers het al die paadjie gestap en weet waarvan hulle praat.
  3. Koester die mense na aan jou.
  4. Hou jou vriendelikheid goedkoop en jou vriendskap duur. (Dankie CJ Langenhoven vir dié wyse woorde)
  5. Leer jou ID-nommer uit jou kop uit.
  6. Bly nederig, want soos my Oupa Jopie altyd sê, “Nederigheid kan nie val nie.”
  7. Drink goeie koffie (en wyn)
  8. Lees meer, dit verbreed jou perspektief oor die lewe.
  9. Leef gesond. Altans probeer!
  10. Lag elke dag – lag is goed en doen wondere vir die siel.
  11. Tyd genees alles.
  12. “Everything will be okay in the end. If it’s not okay, it’s not the end.” – ― John Lennon
  13. Hou op stres. Die lewe is kort genoeg, moenie jou tyd mors om jouself nog te bekommer oor goed wat heel moontlik nooit gaan gebeur nie.
  14. Moenie jou brûe verbrand nie, jy weet nooit wanneer jy weer daardie brug moet kruis nie.
  15. Wees dankbaar vir dit wat jy het, en so ook vir die klein dinge in die lewe.
  16. Probeer altyd 10 minute vroeër by ʼn afspraak wees – wees eerder vroeg as laat.
  17. Genoeg slaap is belangrik, maar te veel slaap is nie.
  18. Luister na wat ander sê, maar wees wys genoeg om die kaf van die koring te skei.
  19. Maak tyd om pret te hê, “We don’t stop playing because we grow old; we grow old because we stop playing.” – George Bernard Shaw
  20. Leer uit jou foute – daar is niks erger as ʼn donkie wat sy kop twee keer stamp nie.
  21. Sing altyd saam as musiek begin speel. (Dankie, Karen Zoid!)

 

Daar het julle dit, 21 dinge van ʼn nou 21 jarige.

Soos altyd, mooi loop

Alles Wat Mal Is

 

Peter.

Advertisements

2 thoughts on “21 Jaar, 21 Dinge

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s