Sokkelveld toe

Daar is verskeie aanhalings wat gaan oor dat jy jouself gereeld moet uitdaag, nuwe dinge aanpak. (Jy weet daardie dinge wat jy jouself aan die begin van elke jaar belowe jy gaan doen.)

Nou kyk, sport was nou nooit juis een van my sterkpunte nie (dalk omdat ek net bietjie lui is), maar toe my goeie vriend Justin, , sokkerspeler en ‘n groot Arsenal aanhanger my nooi vir ʼn sokkersessie, wie was ek toe om nee te sê.

Wat volg is my ervaring op die sokkerveld.

Toe ek vir Justin vra of ek sommer met my tekkies na die “sokkersessie” toe kan kom, kyk hy my skeef aan en vra watter skoengrootte dra ek.

“’n Nommer 11” antwoord ek vinnig.
“Ek dink ek het tokse wat vir jou sal pas.”

Dis toe dat ek besef. Sokker speel is nie iets wat mens ligtelik opvat nie.

By die sokkerveld aangekom, begin ons met opwarming. “Ek dog ons gaan net die basics doen?” vra ek. Vinnig word ek reggehelp, want selfs al oefen jy net, is opwarming krities.

ʼn Ligte draffie om die veld en vra myself die vraag af, “Wanneer het ek ooit so onfiks geword?” (Vraag is seker eintlik, “Was ek al ooit fiks?”) Nog ʼn paar strekoefeninge en ons is reg om te begin.

Eerste dinge eerste. Jy skop nooit met die voorste deel van jou voet die bal nie. Nee-nee. Jy skop hom met die kant van jou voet. Hoe ken jy ʼn amateur uit tussen iemand wat ken? ʼn Amateur, skop onmiddellik terug. ʼn Kenner stop vlugtig die bal en skop dán terug. Sien basics.

Wat volg is meer ingewikkelde moves. Die regte manier om na die doelhok te skop, is om eers die bal te “dribble” en dan hom in te skop.

Dan is daar ook die bekende “header” – waar iemand die bal gooi en jy die bal met jou kop terugskiet. Geheim is, gebruik die voorste deel van jou kop. Dit het ek op die harde manier geleer (letterlik), toe ek dink jy moet met jou hele kop die bal terug slaan.

Die oefensessie word saamgevat deur alles wat ek geleer het te kombineer.

Ons is klaar. Dit was lekker. Dit was goed. Ek voel soos Lionel Messi. (Nou nie regtig nie, maar jy verstaan wat ek bedoel.)

Net voor ek loop, vra ek vir Justin “Liverpool is mos die beste sokkerspan?” Justin gee my net so ʼn gluur en vind my grappie nie vreeslik snaaks nie. Sokker is geen grap nie. Jou span is jou span.

(Sokker)veld toe. ⚽️Lees my blog post aan die einde van die maand…

A post shared by Peter Pentz (@peterpentz) on

Sal ek graag my sokker skills wil verder vat? Man, soos ʼn oud-skoolonderwyser altyd gesê het, “Dit was lekker, maar nou’s dit klaar.”

 

Tot ‘n volgende keer

Mooi loop, Alles Wat Mal Is.

Peter

Advertisements

One thought on “Sokkelveld toe

  1. Hi Penna, het ek nou lekker gelag…wens ek kon dit nou beleef het ..ha-ha maar ek moet bieg sokker was nog nooit my ding nie, die ergste van ales as hulle so hardloop en mekaar bespring na n doel… dit kan partykeer bietjie erg raak hoor… Jy moet n lekker vakansie geniet, stuur groete en Liefde aan jou Ouers en gaan vir Goud… Mooi Loop tan Han xxx

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s