Oor my

English Version

Peter is tans ʼn derdejaar BA Kommunikasiestudent aan die Noord-Wes Universiteit, Potchefstroomkampus. Hy is afkomstig van ʼn klein dorpie, Darling, in die Wes-Kaap waar hy op hulle wynplaas, Groote Post, bly en matrikuleer in 2014 aan die Hoër Jongenskool Paarl.

Van kleins af is hy ’n vreeslik nuuskierige mens, iemand wat baie vrae vra en altyd meer wil weet. Tog het hy nooit gedink hy sal eendag in die media-industrie wil ingaan nie. Peter was in graad tien gevra om redakteur te wees van sy  skool se aanlynkoerant. In 2014 is hy ook aangestel as die redakteur van die skool se gedrukte koerant, die Retina. Verder het Peter ook ʼn groot passie vir debat en neem op skool deel op nasionale vlak tydens die ATKV-debatkompetisies. Dit is onder andere hier waar Peter geleer het en homself voorberei het vir die vermaak van ander tydens sosiale geleenthede. Hy MC ook graag.

Vir die afgelope drie jaar was Peter ʼn joernalis vir JIP en het al menige artikels geskryf vir hierdie tienerblad wat onderhoude met bekendes tot sielkundiges insluit. JIP was eers ’n weeklikse tienerbylaag in die Burger en Beeld maar is nou aanlyn op Netwerk24 beskikbaar.

Hy doen verder ook verskeie video aanbieding- en stemwerk.

Peter hou homself ook besig met sy eie blog, Penna se Praatjies, en doen graag vryskutwerk vir verskeie publikasies van sy werk sluit in, werk vir  TieMedia, iMatric, en I love Yzer tydskrif . Verder het Peter ook sy lyf webjoernalis gehou in 2015 vir Wapad, die NWU-Pukke se studentekoerant. 

Hy verdiep hom graag in lekker leesboeke, hy geniet ʼn verskeidenheid koffies en natuurlik ook wyn. Hy spandeer goeie tyd saam met vriende en familie.  Alhoewel hy die tyd hier in Potchefstroom ten volle benut en geniet, lê sy hart steeds in die Kaap.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s