Verken Suid-Afrika

Een van my goeie vriende, DJ Cloete, het die ander dag ʼn stuk op sy blog geskyf, “From town to town”.  Dit het my weer herinner oor die mooi van ons land, Suid-Afrika. Ons is soveel keer geneig om oorsese plekke te verken, terwyl ons eie land nog soveel “undiscovered golden gems” het. Suid-Afrika is … More Verken Suid-Afrika

Lewe vir nou

“Die dood beskaam nie; ons kom en ons gaan is soos water uit die kraan” – Breyten Breytenbach uit: Ek sal sterf en na my vader gaan Twee weke gelede is een van my goeie skoolvriende, op ouderdom 19, oorlede. Motorongeluk. So vinnig, so onverwags is hy weg. Soos Breytenbach sê: “die dood  beskaam nie.” Dit het … More Lewe vir nou

Small Talk 101

Small Talk, wat is die Afrikaanse term hiervoor? Google Translate sê “klein praat” verseker is dit nie. Mmm, dalk geselsies aanknoop?  Min mense kry dit reg om small talk te bemeester, sommiges vermy dit soos ek oefening vermy. Tog word ons elke dag daarmee “gekonfronteer”.  In die ry by die supermark, by die dokter se … More Small Talk 101

Nuwejaarsvoornemens

Oor ‘n paar dae is 2015 ook weer iets van die verlede. Iets wat was. Dan pak ons weer ‘n nuwe jaar aan. Elke jaar het ons ‘n lysies van dinge wat ons nuwejaarsvoornemens noem. Dit is seker die grootse klug onder die son. Die grootste ding op meeste mense se lysie is gewig. “Die … More Nuwejaarsvoornemens

Ouma Ann

Vandag. ʼn Jaar gelede. Vroeg Maandagoggend, 3 November 2014 is Ouma Ann oorlede. Ek slaap buite die huis in die woonstel. Daardie oggend sal ek nooit vergeet nie. My foon lui. Ek skrik wakker. Ek dink vir ’n oomblik dis my wekker. My ma bel van binne die huis.Gelyktydig klop iemand aan die deur. Ek … More Ouma Ann

Die liefde

“Miskien is die liefde net ʼn fantasie, dis nie alles maanskyn en rose nie” uit Stille Waters deur Christopher Torr Ah die liefde. Seker die een ding wat net soveel geluk as seer bring. Kan mens liefde definieer? Moeilike een. Dink bietjie daaraan. Ook iets wat vir my baie moeilik is om oor te skryf. … More Die liefde